WELKOM!

 

Ons het hier in Vanwyksvlei groot geword, gewoon, ons mense hier gegroet en die meeste van ons ver weg gegaan. Elkeen  van ons is op ‘n manier gevorm. So ver afgeleë, so anders as waar ander mense woon.

 

 Dit het ons uniek gemaak.

 

Soveel stories om te vertel, soveel wat elkeen geleer het wat ons weer aan ons kinders kan oordra.

Welkom by ons speelplek , lagplek, vertelplek, deelplek en fotos wysplek.

Opdateer:

7 Mei 2012

Text Box: Soos wat die tyd verbete aankom
en ek sou terugkyk in die wind
na die plek waar ek vandaan kom
soek ek my spore as 'n kind…
~ Mellet Moll 
Text Box: Vanwyksvlei
Text Box: So maak mens

Nuwe stories is gelaai. Die kleinkinders van inwoners stuur stories en dit is so kosbaar.

Amper 1800 van ons het al kom kyk. Dit is agt keer meer as wat op ’n keer in Vanwyksvlei gewoon het!
 
Dit is die hangkas van idees, gedagtes, prente. Bydraes kom mooi in want ons weet dat die projek gaan net leef as ons  baie kry! Stuur asseblief aan!! 

Skryf wat in jou kop kom, ons sal dit mooi maak.. As jy eerder met die hand wil skryf, pos gou-gou na VDS Brink, Wisterialaan 381, Faerie Glen 0043

Ons het die bydraes se kontakdetail, maar sal dit nie op die webwerf plaas nie. Dit is om jou teen spammers te beskerm. Sou jy met iemand wil kontak maak, vra asseblief, ons sal toestemming kry en dit dan aanstuur.

Ons dateer dit elke Saterdag op. Maandag is die dag om te kom kyk!
custom logo
custom logo design

“Baie dankie dat julle help dat ons kan onthou…”

Johnny Visser

En dan moes ons met die Makadas van Carnarvon na Hutchinson ry. Dit het heeldag geneem!

 

 

Staande: Gerhard Visser

 

Hurkend: Ansie Burger en Elizabeth Venter

 

Voor: Driekie White, Rina Burger, Barendina Rossouw, Wilma van Heerden

 

Gaan na Stories en geniet!

 

(bron: Ansie Burger)

Aankondiging

 

Ons projek is nou 6 maande aan die gang. Alle verwagtinge oortref,  2000 besoekers met wat ons stories kom lees het.

 

Ons (Annien en VDS) het ontmoet en so vorentoe gedink:

 

· Tot Mei fokus op die kerk eeufees.

· Die Herinneringe aanhou want dit is die hart van ons projek.

· Met meer en meer kinders en kleinkinders van oral oor wat kom kyk die fokus ook op hulle sit en dit wat ons geleer het van gister verpak om môre ’n beter plek te maak.

· Gaan kyk na ander voorbeelde van hoe dit gedoen word en aanpas. Nooit goedkoop kommersieël word nie.

· Ons Markplein wel uitbou, maar dit interessant hou en net vir ons en ons nasate.

· Ons hou die reg voor om bydraes netjies te maak en enige bitsigheid uit te haal. (Bv ’n hele storie van VDS oor ’n onderwyser is afgehaal)

· VDS Dra die koste van die domain, maar indien daar enige Google Adsense inkomste wees, dit gebruik om dit te verhaal en Annien te vergoed vir telefoon koste.

· Teen die middel van die jaar ‘n boek skryf oor so-maak-mens om ’n klein dorpie web projek te skep. Sou dit verkoop, besluit ons saam op ’n liefdadigheid om dit voor te skenk. (Vir meer hieroor, sien Markplein)

 

Die sukses en toekoms van die projek hang hoofsaaklik af of ons bydraes kry.

 

Stuur asseblief nog!

Kerk Eeufees

 

Ons eerste fotos en stories is opgelaai. Stuur BAIE . Las asseblief by ons stories, gee vir ons die mense se name.

 

 Gaan kyk hier!